Sunday, October 10, 2010

Waar om te begin? ek is nie goed met woorde, maar kom ek begin by ek is nou sowat 2jaar positief en is dit hel. dit is nie die maklikste ding om teverwerk nie ,maar ek reken ek is baie gelukkig in die opsig dat ek ,n wonderlike support base het.

Wat ek  skryf is baie random so vergewe maar as alles nie in kronologiese volg orde is nie maar ek skryf maar sooos dit in die kop op kom, dit is een nadeel vaan die gogga dit maak my raak en los aan verskillende gedagtes en soos dit gebeur skryf ek maar neer. party dae is beter as ander en met my tipe werk het ek ontsaglike klomp tyd op hande om te dink en kan ek nou vir jou 'n klomp kak uit dink.

o ja, ek noem dit die googa, want 'n vriend en sy vriendin wou dit nie hiv noem, hulle was bang dit gaan my negatief affekteer dus GOGGA, so ek noem dit ook maar so.
ek is tans nog gelukkig nie "siek" nie maar my cd4 count is 481, so ek is nog gesond.

Ja die siekte is ook in baie opsigte 'n bliksm, want wie kan jy vertrou om tevertel, gaan ek die vrienskappe verloor, gaan ek my werk verloor,want ek het vandag groot risk gevat, WANT van die mense wat saam my werk is ook op facebook,so dit gaan uitkom, maar ek is moeg om in die skaduwee van die gogga teleef.
ek reken die is ,n calculated risk,maar wat gebeur gaan gebeur.
Ek reken verwerping van geliefdes as gevolg van die siekte is hoog, is dit hoekom baie wit afrikaners dit weg steek, is ons nie maar almal bang vir verweping nie. Ek wil graaag he baie meer wit afrikaners moet openlik hier oor kan praat,so hier is vir jou die geleentheid om met iemand tepraat oor die gogga oor hoe jy voel of sommer net oor wat.
Dag een toe ek die uitslag kry was hectic, want eers hetmy ex gedink dit is hy wat positief is, maar dokter het verkeerdelik gepraat en toe die nekslag, Riaan JY  is positief, wat ,n verligting vir ex, maar vir my was dit soos doodsvonnis, dit voel vandag nog so maar stadig maar seker kom aanvaarding,met baie help van goeie vriende en family.
ai hoe spring die kop weer rond soos een van daai fok jou poppies agter n ,n car se ruit so ek praat weer later

No comments:

Post a Comment